In memory of -
 

Constable Pieter Schutte

  /
2013-11-01
w




"As you grieve know that we are remembering you,
and honoring the memory of Pieter."

"Fire in my lungs, and my camoe clinging to my body, you would have to use a metal scraper to remove it from my skin.
My cover, was no guarantee against death, but for now as I grasped for air, it was my only short comfort.

... the shots, and the Sergeant shouting - Kry die (censored)! - (Get the SOB)
Many years after that I was asked why?
My answer remains constant - He is my brother, we move as one against the tyrant called the Death Angel. A Tyrant unmoved by politics, hate, or any personal believes, but a Tyrant going for a world where men hate each other.

In all of that chaos, I felt the presence... I felt the presence of a Higher Being - and although through all of this I was questioning life on earth... the only constant Northern Star was that of my Brother leading the way My Brother - Pieter


- Sgt. Mark Janse van Rensburg - Eenheid 19 "Voet Soldatjie" (Foot soldier - U19)

 



KURUMAN. – ’n Paar dae voordat die gesin na Pretoria sou verhuis, het Pieter Schutte (40), seun van die bokslegende Mike Schutte, homself met ’n jaggeweer om die lewe gebring.

Dié voorval het verlede Donderdag omstreeks 15:00 in die Seodin-begraafplaas plaasgevind.

“Ons het in die loop van die oggend oor ons planne gesels,” sê Carin (40), Schutte se vrou, oor dié dag se gebeure.

“Hy was redelik emosioneel, maar ek het mooi met hom gepraat en hy het gekalmeer. Hy het toe vir my gesê hy gaan dorp toe om solank bokse te kry, want ons wou inpak om na Pretoria te verhuis.”

’n Paar ure later het hy haar gebel en gesê hy is by die begraafplaas. Hy het vir haar gesê wat hy beplan om te doen en sy moet soontoe kom.

“Hy het met ons bakkie gery. Ek het iemand gebel om my op te laai en ek het ook ons pastoor gebel.

“Toe ek by die begraafplaas aankom, het ek hom langs die bakkie sien lê. Die pastoor was reeds daar. Ek het daarnatoe gehardloop, maar die pastoor het my gekeer en vasgehou.”

’n Emosionele Schutte sê haar man was ’n baie harde werker en hy was ongelooflik lief vir sy kinders.

“Hy het absoluut sy beste vir hulle probeer doen.”

Sy sê hy was ’n baie aangename en sosiale mens. Hy het baie vriende gehad en almal het van sy joviale persoonlikheid gehou.

Schutte het geen brief vir sy familie gelos nie.

’n Gedenkdiens word vandag om 18:00 vir Schutte gehou by die plek waar hy oorlede is. Sy gesin, familie en vriende sal vir hom ’n kruis daar neersit.

Schutte en haar kinders, Carla (10) en Michael (4), verhuis môre na Pretoria.

Die oudbokser Kallie Knoetze, ’n jare ange vriend van Mike Schutte, was geskok oor die nuus.

“Ek wens mense wil uitroep as hulle hulp nodig het. Daar is altyd mense wat sal help. Dit maak nie saak watter taal of ras jy is nie. As jy hulp nodig het, moet jy vra. Iemand sal help.”

w
Facebook Comments about - Constable Pieter Schutte - RIP 2013-11-01:
 

 


U19 registered members remarks about - Constable Pieter Schutte - RIP 2013-11-01:
w My broer en my ou maat, ek hoop jy kan vrede vind daar waar jy nou is. RIP my maat Carin, ek dink aan julle. Sterkte.

JP Prinsloo
2013-11-04 09:02:10


U19 registered members remarks about - Constable Pieter Schutte - RIP 2013-11-01:
w Mike, jou eerste dag operasioneel was op my seksie in die Oos-Rand te Katlehong n Sondag. Julle was 2 of drie nuwe kst. Ek onthou daai dag soos gister. Ek het die Nyala bestuur want Brent was moeg toe ou met wit jas en AK voor ons inloop en skiet. Jy en JP was soos blits uit Nyala en het hom gevang. Weet nie wat jou probleme was nie, maar ons het n goeie makker verloor. Rus in vrede klein-Mike.

Francois Leander Vos
2013-11-24 14:05:17


U19 registered members remarks about - Constable Pieter Schutte - RIP 2013-11-01:
w Rus in Vrede klein Mike, jy is nou by God. Jou vergeet sal ons nie. Jy bly vir altyd E19.

Edwin Conroy
2013-11-28 07:03:37


U19 registered members remarks about - Constable Pieter Schutte - RIP 2013-11-01:
w Mike my broer, ek dink elke dag aan jou, ek mis alles van jou. My hart is nog steeds net so swaar soos die dag toe jy weg is. Ek hoop tyd sal dit genees... Carin, ek dink elke dag aan jou en die kinders (Michael & Carla) Sterkte.

JP Prinsloo
2014-04-26 01:32:54


U19 registered members remarks about - Constable Pieter Schutte - RIP 2013-11-01:
w Nog 'n jaar is verby en ek kannie ophou dink aan die goeie (en slegte) ou dae nie, my maat en my broer ek sit hier en dink aan alles, ek verlang so baie na die goeie ou dae, Carin en die kinders, ek hoop om julle gou weer te sien. Stekte.

JP Prinsloo
2014-12-20 23:21:53


U19 registered members remarks about - Constable Pieter Schutte - RIP 2013-11-01:
w Daar kak nog 'n jaar my ou groot vriend, geen berou of sorge nie.... net die mense wat ons agter laat. Groete my groot vriend.... sien jou weer....RIP

JP Prinsloo
2016-12-21 23:54:56






 

 

 

Copyright Unit19 - 2013
www.thegraphicartist.co.za