In memory of -
 

Constable Leon van der Merwe

  Unit /
1989-09-20
w




"As you grieve know that we are remembering you,
and honoring the memory of Leon."

"Fire in my lungs, and my camoe clinging to my body, you would have to use a metal scraper to remove it from my skin.
My cover, was no guarantee against death, but for now as I grasped for air, it was my only short comfort.

... the shots, and the Sergeant shouting - Kry die (censored)! - (Get the SOB)
Many years after that I was asked why?
My answer remains constant - He is my brother, we move as one against the tyrant called the Death Angel. A Tyrant unmoved by politics, hate, or any personal believes, but a Tyrant going for a world where men hate each other.

In all of that chaos, I felt the presence... I felt the presence of a Higher Being - and although through all of this I was questioning life on earth... the only constant Northern Star was that of my Brother leading the way My Brother - Leon


- Sgt. Mark Janse van Rensburg - Eenheid 19 "Voet Soldatjie" (Foot soldier - U19)

 



 'n Derde broer sterf in ongeluk

GERMISTON. - Die tweelingbroer van 'n jong polisieman van Elsburg wat 
eergisteroggend vroeg dood is toe sy motor teen 'n treinbrug gebots 
het, is twee jaar gelede in 'n motorongeluk dood. 
Speurkonst. Leon van der Merwe (21) van Elsburg is 
eergisteroggend kort ná middernag op slag dood deurdat sy motor in 
Webberstraat, Germiston, teen 'n brug gebots het. 
Brandweermanne van Germiston het konst. Van der Merwe uit die 
wrak gesny. Hy was tydens die ongeluk met ondersoekwerk in 'n 
huisbraaksaak besig. 
Mnr. Henk van der Merwe, 'n landdros van Germiston en broer van 
konst. Van der Merwe, het gister gesê sy broer het hom kort voor die 
ongeluk opgebel en advies gevra oor die inhegtenisneming van die 
verdagtes. 
''Ek het aan hom gesê hy moet hulle maar eers los dan kan ons 
die volgende dag lasbriewe vir hul inhegtenisneming uitreik. Ek het 
gesê hy moet maar huis toe kom. Ons weet egter nie of hy wel op pad 
huis toe was toe die ongeluk gebeur het nie,'' het mnr. Van der Merwe 
gesê. 
Konst. Van der Merwe se tweelingbroer, Deon, is sowat twee jaar 
gelede in 'n fratsongeluk naby Witrivier dood. ''Ons ander broer 
Riaan wat saam met Deon in die motor was, is nie beseer nie. Ons weet 
tot vandag nog nie presies wat daar gebeur het nie,'' het mnr. Van 
der Merwe gesê. 
Nog een van konst. Van der Merwe se broers, Japie, is twaalf 
jaar gelede in 'n treinongeluk naby Sabie dood. Hy het onder 'n 
lokomotief beland nadat dit ontspoor het. 
Konst. Van der Merwe het vier jaar gelede by die Polisie 
aangesluit. Ná sy opleiding was hy 'n ruk by Eenheid 19 in Pretoria 
gestasioneer voordat hy na die uniformeenheid in Germiston oorgeplaas 
is. Hy was sedert Februarie by die speurtak op Elsburg gestasioneer. 
Hy was ongetroud en het by sy weduwee-moeder, mev. Maria van der 
Merwe, in Elspark gewoon. Hy word vanmiddag om twee-uur uit die 
Hervormde kerk in Elsburg begrawe.
w
Facebook Comments about - Constable Leon van der Merwe - RIP 1989-09-20:
 

 


 

 

 

Copyright Unit19 - 2013
www.thegraphicartist.co.za