In memory of -
 

Constable K.L.A Cooper

  Unit /
1992-07-17
w




"As you grieve know that we are remembering you,
and honoring the memory of K.L.A."

"Fire in my lungs, and my camoe clinging to my body, you would have to use a metal scraper to remove it from my skin.
My cover, was no guarantee against death, but for now as I grasped for air, it was my only short comfort.

... the shots, and the Sergeant shouting - Kry die (censored)! - (Get the SOB)
Many years after that I was asked why?
My answer remains constant - He is my brother, we move as one against the tyrant called the Death Angel. A Tyrant unmoved by politics, hate, or any personal believes, but a Tyrant going for a world where men hate each other.

In all of that chaos, I felt the presence... I felt the presence of a Higher Being - and although through all of this I was questioning life on earth... the only constant Northern Star was that of my Brother leading the way My Brother - K.L.A


- Sgt. Mark Janse van Rensburg - Eenheid 19 "Voet Soldatjie" (Foot soldier - U19)

 



 Dit lyk of daar oorlog teen Polisie verklaar is

Gerda Kruger
IN wat al meer begin lyk na 'n volskaalse en georganiseerde oorlog 
teen die Polisie is drie lede van die mag sedert die begin van die 
naweek vermoor, drie is beseer en vir nog twee se lewe word gevrees 
nadat hulle ontvoer is. 
Twee polisiemanne is gisteroggend koelbloedig in Natal 
doodgeskiet nadat hulle in 'n lokval gelei is. Nog 'n polisieman is 
ernstig in die aanval beseer. 
Besonderhede oor presies wat gebeur het, was volgens kapt. 
Hamilton Ngidi, skakeloffisier van die Polisie in Natal, teen 
gisteraand nie bekend nie. 
Konst. K.L.A. Cooper (22) van Eenheid 19 van die Polisie is 
Vrydagaand koelbloedig in Tokoza buite Alberton, doodgeskiet. 
Volgens kapt. Ida van Zweel, skakeloffiser van die Polisie aan 
die Witwatersrand, het lede van die eenheid na 'n huis in Thokoza 
gegaan nadat inligting ontvang is dat wapens in die huis geberg word. 
Die Polisiemanne was nog buite die huis toe die deur skielik 
oopgaan en 'n onbekende man met 'n AK 47- geweer op die Polisie 
skiet. Daar is ook vanuit die vensters van die huis op die 
polisiemanne geskiet. 
Konst. Cooper is noodlottig getref en konst. T.G. Musetsile is 
gewond. Die Polisie het die vuur beantwoord. Een aanvaller is 
doodgeskiet, een is gewond en vyf mans is in hegtenis geneem. 
Twee AK 47-gewere, 'n pistool, vier AK-magasyne en 92 koeëls is 
in die huis gevind. 
Intussen word gevrees vir die lewe van twee polisiekonstabels 
wat in Natal ontvoer is. Konst. S.S. Zondi en konst. T.B. Maphanga, 
albei van Durban, is in soortgelyke omstandighede deur die 
insittendes van 'n roomkleurige Kombi ontvoer. 
Volgens kapt. Nigidi is konst. Zondi Donderdagaand in 
Willisstraat, Durban, voor die oë van 'n vriendin deur die 
aanvallers in die kombi ingeruk. Geen teken kon tot dusver van hom 
gevind word nie. 
Konst. Maphanga is Donderdag met 'n ondersoek na 'n 
verkragtingstoneel ontbied. Hy is later in Umbumbulu gesien waar die 
roomkleurige kombi langs hom stilgehou het. 
Verskeie skote is op hom geskiet, waarna hy in die kombi 
ingeruk is. AK 47-doppies en bloedspatsels is deur die Polisie op 
die toneel gevind. 
'n Polisieman is beseer toe 'n groep oproeriges by 'n 
taxi-staanplek in Empangeni, Zoeloeland, die Polisie aangeval het. 
Klippe en bottels is na die lede gegooi toe hulle 'n man in hegtenis 
wou neem. 
Kapt. Eugene Opperman, skakeloffisier van die Polisie aan die 
Witwatersrand, het gister sy skok oor die moorde uitgespreek. 
''Die Polisie het kennis geneem van mnr. Peter Mokaba, 
president van die ANC se Jeugliga, se onlangse uitlating aan die 
media dat polisiemanne wat mense tydens onlusvoorvalle gedood het, 
se name en adresse bekend gemaak sal word. 
''Dié uitlating is onaanvaarbaar en uitdagend en behoort deur 
die leiers van die ANC afgekeur te word,'' het kapt. Opperman gesê.
w
Facebook Comments about - Constable K.L.A Cooper - RIP 1992-07-17:
 

 


 

 

 

Copyright Unit19 - 2013
www.thegraphicartist.co.za