In memory of -
 

Johan (Hallies) Halgreen

  After 1997 /
2004-05-15
w




"As you grieve know that we are remembering you,
and honoring the memory of Johan (Hallies)."

"Fire in my lungs, and my camoe clinging to my body, you would have to use a metal scraper to remove it from my skin.
My cover, was no guarantee against death, but for now as I grasped for air, it was my only short comfort.

... the shots, and the Sergeant shouting - Kry die (censored)! - (Get the SOB)
Many years after that I was asked why?
My answer remains constant - He is my brother, we move as one against the tyrant called the Death Angel. A Tyrant unmoved by politics, hate, or any personal believes, but a Tyrant going for a world where men hate each other.

In all of that chaos, I felt the presence... I felt the presence of a Higher Being - and although through all of this I was questioning life on earth... the only constant Northern Star was that of my Brother leading the way My Brother - Johan (Hallies)


- Sgt. Mark Janse van Rensburg - Eenheid 19 "Voet Soldatjie" (Foot soldier - U19)

 



 Hy't net komberse gaan koop, sê oorlewende lid se vrou

Borrie la Grange
Sover sy weet was haar man besig om komberse te koop.
Só sê mev. Hannelie Peens, vrou van die enigste Pretoriase polisielid wat Sondag die koeëlreën tydens 'n gewapende rooftog by 'n linnewinkel in Troyeville, Johannesburg, oorleef het.
Drie koeëls sit nog in insp. Rudi Peens (29) van die BBP-beskermingseenheid se liggaam vas ná die skietery waarin nog drie lede - insps. Johan (Hallies) Halgreen (34), Paul (Kat) Nel (33) en Len Crament (41) - dood is.
Sowat 15 rowers het by die winkel ingestorm, die eienaar aangehou en geld geëis.
Tien van die rowers se skote het Peens getref en hy lê steeds in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal. Twee koeëls in een van sy knieë sal dié week verwyder word.
"Hy het voorheen al by dié winkel komberse, handdoeke en onderklere gaan koop vir my skoonma se klere-onderneming.
"Voordat hy Sondagoggend weg is, het hy gesê hy gaan net gou komberse koop," het Hannelie Peens gesê.
Volgens supt. Chris Wilken, polisiewoordvoerder, is dit nog nie duidelik waarom Peens en die ander polisielede by die winkel was nie. Daar word beweer dat hulle as deeltydse veiligheidswagte gewerk het.
"Benewens die ondersoek van die Johannesburgse eenheid teen ernstige en geweldmisdade na die rooftog, sal 'n interne ondersoek gedoen word om vas te stel wat dié polisielede by die winkel gedoen het," het Wilken gesê.
• Intussen is nóg 'n verdagte in Johannesburg aangekeer nadat een van die rowers Sondag gearresteer is toe 'n veiligheidswag hom in die been geskiet het. Volgens insp. Amanda Roestoff, polisiewoordvoerder, het speurders die tweede man eergister gearresteer nadat hulle inligting opgevolg het.
Supt. Chris Wilken, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het die polisielede se dienspistole ná die skietery gebuit en dit is nog nie teruggevind nie.
Die winkeleienaar , 'n Chinese man wat in die maag gewond is, is in 'n bevredigende toestand in 'n Johannesburgse hospitaal.
• Mense met inligting kan kapt. Tony Naidoo by 082 557 7116 of insp. Timothy Mngomezulu by 083 774 4614 bel.
w
Facebook Comments about - Johan (Hallies) Halgreen - RIP 2004-05-15:
 

 


U19 registered members remarks about - Johan (Hallies) Halgreen - RIP 2004-05-15:
w RIV maker.

Edwin Conroy
2013-11-04 11:29:21






 

 

 

Copyright Unit19 - 2013
www.thegraphicartist.co.za