In memory of -
 

Sergeant Jaco Botha

  After 1997 /
2011-07-24
w




"As you grieve know that we are remembering you,
and honoring the memory of Jaco."

"Fire in my lungs, and my camoe clinging to my body, you would have to use a metal scraper to remove it from my skin.
My cover, was no guarantee against death, but for now as I grasped for air, it was my only short comfort.

... the shots, and the Sergeant shouting - Kry die (censored)! - (Get the SOB)
Many years after that I was asked why?
My answer remains constant - He is my brother, we move as one against the tyrant called the Death Angel. A Tyrant unmoved by politics, hate, or any personal believes, but a Tyrant going for a world where men hate each other.

In all of that chaos, I felt the presence... I felt the presence of a Higher Being - and although through all of this I was questioning life on earth... the only constant Northern Star was that of my Brother leading the way My Brother - Jaco


- Sgt. Mark Janse van Rensburg - Eenheid 19 "Voet Soldatjie" (Foot soldier - U19)

 



 Gesoute speurder sterf in ongeluk

’n Gesoute, “uiters toegewyde” speurder van die Boschkop-polisiekantoor is dood in ’n motorongeluk op ’n grondpad naby sy kleinhoewe in Rietvlei, wes van Bronkhorstspruit.


Sers. Jaco Botha (39) was op pad huis toe nadat hy Vrydagaand vingerafdrukke gekry het en sou eergister sy jongste dogtertjie, Lianné, se tweede verjaardag gevier het.

“Hy het Vrydagaand nog vir ons gesê hy gaan gou-gou terug wees,” het ’n emosionele mev. Adéle Botha (40), sy vrou, gister gesê.

“Ons weet nie hoe laat die ongeluk gebeur het nie.”

’n Inwoner van die omgewing wat Botha goed geken het, het kort voor 06:00 op die ongelukstoneel, 4 km van Botha se huis, afgekom.
Botha was toe reeds dood en steeds in die bakkie.

Dié man het mnr. Ross Welsh, Botha se vriend en buurman, van die ongeluk in kennis gestel.

Daar word vermoed Botha het beheer oor die bakkie verloor en dat dit omgeslaan het.

Mev. Botha het gesê dit was vir haar niks snaaks as haar man laataand of vroegoggend by die huis aangekom het nie omdat hy “absoluut geleef het vir sy werk en om die gemeenskap en sy medemens te dien”.

Ao. Hilton Botha, ’n jare lange vriend en kollega, het gesê sers. Botha was ’n besonder goeie speurder.

“Ek sal nie nóg so ’n vriend en kollega in die polisie hê nie. Hy was soos ’n broer. Ons gaan sukkel sonder hom,” het ’n bewoë ao. Botha, wat sowat 13 jaar lank saam met die oorledene gewerk het, gister gesê. 

Hy het gesê sers. Botha, lank ’n lid van die Bronkhorstspruitse trio-taakspan, was met sy deeglike speurwerk vir verskeie “goeie” vonnisse, van 25 jaar tot lewenslange tronkstraf, verantwoordelik.

Mev. Botha het gesê haar man het sy werk huis toe gebring, al was dit nie van hom gevra nie. “Daar was vir Jaco nie iets soos ’n halwe waarheid nie. Jy moes nie eers daaraan dínk om skelm te wees voor hom nie. Hy het ’n reguit pad gestap,” het sy gesê.

Kol. G.S. van Rensburg, stasiebevelvoerder van die Boschkop-polisiekantoor, het gesê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek omdat sers. Botha se bakkie enkele meter van ’n hoop stukkende dakteëls wat op dié grondpad lê, tot stilstand gekom het. 



w
Facebook Comments about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
 

 


U19 registered members remarks about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
w Rus in vrede ou sag geaarde leeu.

Mark van Rensburg
2011-07-25 14:46:55


U19 registered members remarks about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
w n Blou blom vir n Blou Bul ondersteuner.R.I.P. my ou getroue blougat en vriend.Sal altyd in my gedagtes wees.

Jan Botha
2011-07-26 06:08:07


U19 registered members remarks about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
w Rus in vrede my vriend!Dit was 'n voorreg om saam met jou te kon werk

Edwin Conroy
2011-07-26 09:34:55


U19 registered members remarks about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
w RIV mater. Ek onthou nou nog hoe ons altyd probeer het om die eerste een te wees om al die Winston's in Cedarville te koop. Goeie tye gewees. Rus sag.....

Andre Fourie (AB)
2011-07-26 12:46:42


U19 registered members remarks about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
w Namens Familie van Jaco Botha -------- Jaco jou stem is stil in die huis en ons mis jou baie. Jy was my beste vriend en die mees toegewyde polisieman wat ek nog geken het jou werk Was jou trots en die gemeenskap het baie verloor. Ek is baie trots op jou want almal praat met groot lof van jou en die werk wat jy gedoen het. Jy Laat ‘n uitstekende voorbeeld vir jou kinders na. Die hemel sal nooit weer die selfde wees met Jou, Deon en Martin saam. Eenheid 19 en die Sap het 3 Baie goeie lede verloor. So ook jou familie en vriende, rus in vrede jy het baie hard gewerk. Baie liefde en verlange Adele, Dionne en Lianne

Mark van Rensburg
2011-09-07 04:09:36


U19 registered members remarks about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
w Rus sag ou maat!

Brent Gerber
2011-09-08 06:29:05


U19 registered members remarks about - Sergeant Jaco Botha - RIP 2011-07-24:
w saam het ons gewrk,gekuier,gelag,wag gestaan,en sal weer saam dit doen,rus in vrede makker,was u voorreg om ju te ken,

Floris (Grasmuis) Erasmus
2012-09-04 04:29:45






 

 

 

Copyright Unit19 - 2013
www.thegraphicartist.co.za