In memory of -
 

Inspector Dirk van Aswegen

  After 1997 /
2010-07-23
w




"As you grieve know that we are remembering you,
and honoring the memory of Dirk ."

"Fire in my lungs, and my camoe clinging to my body, you would have to use a metal scraper to remove it from my skin.
My cover, was no guarantee against death, but for now as I grasped for air, it was my only short comfort.

... the shots, and the Sergeant shouting - Kry die (censored)! - (Get the SOB)
Many years after that I was asked why?
My answer remains constant - He is my brother, we move as one against the tyrant called the Death Angel. A Tyrant unmoved by politics, hate, or any personal believes, but a Tyrant going for a world where men hate each other.

In all of that chaos, I felt the presence... I felt the presence of a Higher Being - and although through all of this I was questioning life on earth... the only constant Northern Star was that of my Brother leading the way My Brother - Dirk


- Sgt. Mark Janse van Rensburg - Eenheid 19 "Voet Soldatjie" (Foot soldier - U19)

 



 SWART VRYDAG

Sewe sterf toe heli ontplof ) Cele ‘ken almal persoonlik’
Virginia Keppler
Kapt. Wickus Zaayman (31), een van die helde tydens die Mosambiekse vloede tien jaar gelede, is een van sewe polisielede wat gister in ’n helikopterongeluk dood is.
Zaayman en sy kollegas was op pad van Pretoria na eMalahleni (Witbank) toe hul helikopter in Pine Ridge naby die Klarinet-plakkerskamp in eMala­hle­ni “ontplof en neergestort” het.
Hy was in 2000 ’n jong weermag­vlieë­nier wat gehelp het om mense te red wat in die vloede in Mosambiek vasgekeer was. Hy het by geleentheid op sy afdag saam met ’n span uitgegaan en in die moddervloedwater geduik om ’n jong seun te red.
Gister het Zaayman en sy kollegas se erg verbrande lyke oral in die veld rondgelê. Die helikopter se enjin en ander dele het oor ’n groot gebied versprei gelê.
“Dis ’n swart Vrydag,” het genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, op die toneel gesê voordat hy in trane uitgebars het. Volgens hom was dit mistig.
Ao. Thinus Gouws (39) was Zaayman se medevlieënier. Hulle was lede van die polisie se lugvleuel in Pretoria. 
Die ander polisiemanne wat dood is, was almal van die nasionale intervensie-eenheid.
Hulle was kol. Percy Maduna (39), bevelvoerder van die eenheid, ao. Dirk van Aswegen (35), ao. Colin Davids (37), sers. Jacobus Henning (28) en sers. Daniël de Bruin.
Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het ook per helikopter die ongeluktoneel besoek. Hy het in hartseertonele verskeie polisielede vasgehou en vasgedruk. Polisiemanne en -vroue op die toneel het openlik gehuil.
Brig. Sally de Beer, polisiewoordvoerder, het gesê dié polisielede en vyf in ’n ander helikopter was op pad na ’n rooftog by Shoprite in eMalahleni waar sewe gewapende mans glo ’n vrou as gyselaar aangehou het.
Die lede is ontbied omdat die verdagtes aan die plaaslike polisie gesê het hulle het ’n vrou as gyselaar geneem. 
“Die verdagtes het egter gejok oor die gyselaarsdrama,” het De Beer gesê.
Volgens haar het die eerste helikopter met die vyf lede veilig geland. Terwyl hulle saam met die plaaslike polisie in ’n skietgeveg met die rowers betrokke was, het die ander helikopter ontplof.
De Beer het gesê sewe verdagtes is aangekeer, van wie een in die geveg gewond is.
Cele het gesê hy het pas by die Eldoradopark-polisiekantoor in Johannesburg ingestap toe hy die boodskap van die ongeluk ontvang het. “Ek het daarna onmiddellik na die toneel gekom.
“Wat ek hier gesien het, wil ek vir ’n lang tyd nie oor praat nie. Ek het almal (die oorledenes) persoonlik geken,” het hy gesê en gehuil.
Volgens Cele was die helikopter in ’n puik toestand. 
“Die helikopter is op 9 Junie gediens. Hy het nog honderde vliegure gehad. Sy enjin is ook onlangs in die VSA oorgedoen en dit was so te sê nuut.”
Cele het gesê die vlieënier was uiters ervare met meer as 3 000 vliegure agter die rug. Hy het twee jaar gelede by die polisie aangesluit. 
Cele het gesê die ander lede in die eerste helikopter wat in eMalahleni geland het, het – onbewus van wat met hul kollegas gebeur het – voortgegaan om sewe verdagtes te arresteer.
“Ons het hulle nou net by die Witbank-polisiekantoor gesien en met hulle gepraat. Ons sal deur die loop van die dag met die ander lede van die eenheid gaan praat.”
Me. Vuyisa Skosana (26), ’n inwoner van die Klarinet-plakkerskamp, het gesê sy was 08:45 besig om tee te maak toe sy ’n helikopter buite hoor.
“Ek het onmiddellik uitgegaan en toe ek buite kom, het ek die helikopter in die lug gesien. Dit het ontplof en toe grond toe geval,” het Skosana gesê.
Mev. Cordelia Gumbi (37), wat ook die voorval gesien gebeur het, het gesê sy het onmiddellik die brandweer gebel.
“Mense het van oral na die toneel gehardloop, maar ons kon nie help nie, want daar was oral vlamme. Dit het gebrand. Die brandweer het ook baie lank geneem om by die toneel uit te kom,” het Gumbi gesê.
w
Facebook Comments about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
 

 


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w Sonder om te aarsel, ten einde om ons veilig te hou RIV

Mark van Rensburg
2011-06-20 10:03:43


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w Rus sag kameraad ...... Saluut!

Ignatius (Naas) de Beer
2011-06-20 10:36:01


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w Hoop jul kry die eer wat jul verdien. Al my gebede vir jul families.....

Tinus van der Berg
2011-06-20 13:04:44


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w Dit was n eer om saam met jou te kon werk.Die vlees sterf maar die legende sal altyd voortleef.jy moet lekker rus my vriend.Ek Salueer jou met al die respek van een polisieman na n ander.Tot ons weer ontmoet.

Petrus Albertus Venter
2011-06-20 13:43:27


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w R.I.V. ou vriend

Andre Fourie (AB)
2011-06-20 21:13:08


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w R.I.P Assie

Stephen Nelson
2011-06-22 17:09:47


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w Saam jou het ek baie GEWERK en as eenheid was ons baie STERK! Dankie vir jou diens RUS IN VREDE Kameraad van Yster en plaat.

Brent Gerber
2011-06-25 14:35:00


U19 registered members remarks about - Inspector Dirk van Aswegen - RIP 2010-07-23:
w ai,van 94-2010 lank tyd was ons frinne,buddies,makkers,maar langer sal ons kollegas ,bly,rus in vrede ou assie,sien ju weer eendag,

Floris (Grasmuis) Erasmus
2012-09-04 10:26:54






 

 

 

Copyright Unit19 - 2013
www.thegraphicartist.co.za