In memory of -
 

Sergeant Pieter Henning

  C-Company / 0434076-1
1993-06-15
w




"As you grieve know that we are remembering you,
and honoring the memory of Pieter."

"Fire in my lungs, and my camoe clinging to my body, you would have to use a metal scraper to remove it from my skin.
My cover, was no guarantee against death, but for now as I grasped for air, it was my only short comfort.

... the shots, and the Sergeant shouting - Kry die (censored)! - (Get the SOB)
Many years after that I was asked why?
My answer remains constant - He is my brother, we move as one against the tyrant called the Death Angel. A Tyrant unmoved by politics, hate, or any personal believes, but a Tyrant going for a world where men hate each other.

In all of that chaos, I felt the presence... I felt the presence of a Higher Being - and although through all of this I was questioning life on earth... the only constant Northern Star was that of my Brother leading the way My Brother - Pieter


- Sgt. Mark Janse van Rensburg - Eenheid 19 "Voet Soldatjie" (Foot soldier - U19)

 



Polisieman doodgeskiet in plantasie

Sarie van Niekerk

KEMPTON PARK. Enkele ure voordat 'n jong polisiesersant van Pretoria in die Laeveld doodgeskiet is, het hy aan sy ma vertel hoe lekker dit is om die boere op hul plase op te pas en hoe heerlik hulle by die boere eet.

Sers. Pieter Henning (22), van die Polisie se Eenheid 19 in Pretoria, is eergisteraand omstreeks tienuur in 'n piesangplantasie op die plaas Vaspan in die distrik Hazyview dood geskiet toe hy en drie van sy kollegas na 'n verdagte swartman op die plaas gaan soek het.

Sers. Henning is die eerste polisieman wat dood is in die verskerpte polisie-optrede om boere te beskerm.

Mev. Joyce Henning van Kempton Park het gister gesê net drie uur voor die voorval het haar seun vrolik en opgewek met haar oor die telefoon gepraat. ''Hy het gesê die boere is baie goed vir hulle, pas hulle mooi op en gee hulle lekker kos. Hulle woon in 'n skoolgeboutjie en geniet hul dienstyd in die Laeveld baie.Min het ek geweet ek sou sewe uur later hoor my enigste seun is dood,'' het mev. Henning
snikkend vertel.

Sers. Henning was die middelste van mev. Henning en haar man, Pieter, se drie kinders.

'n Woordvoerder van die Polisie op Nelspruit het gistermiddag gesê die voorman op die plaas, ene mnr. Marais, het eergisteraand berig ontvang dat 'n swartman onder verdagte omstandighede op die
plaas opgemerk is en dat hy moontlik in die piesanplantasie skuil.

''Die vier polisiemanne en mnr. Marais het die plantasie omstreeks tienuur die aand ingegaan en in groepe verdeel. Sers. Henning was op sy eie buite sig van sy kollegas.

''Die volgende oomblik het hulle 'n sarsie skote gehoor en in die rigting van die skote gehardloop.
''By hul aankoms daar het hulle sers. Henning op die grond aangetref met sy vuurwapen steeds in sy hand. Hy is drie keer geskiet. Die doodskoot is vermoedelik een wat onder die regterarm
in is en by die linkerbors uitgegaan het,'' het die woordvoerder gesê.

Patroondoppies wat op die toneel opgetel is, toon dat sers. Henning minstens drie skote op sy aanvaller geskiet het voordat hy dood is.

Sers. Henning word Maandagoggend om elfuur met 'n volle militêre eerbewys uit die NG kerk Kemptonkrag in Addaxstraat, Cresslawn, begrawe. Die familie het gevra dat geen blomme gegee word nie, maar dat donasies aan Eenheid 19 gestuur word. Die Polisie het gister die beloning vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die moordenaar kan lei, van R10 000 opgestoot tot R100 000.

w
Facebook Comments about - Sergeant Pieter Henning - RIP 1993-06-15:
 

 


U19 registered members remarks about - Sergeant Pieter Henning - RIP 1993-06-15:
w My goeie vriend van gister jare. Ek onthou die tye op Mpunzi Drift Natal, jouself, ou vet gevreete “bobbie” die boerboel, Krogie, Duitser en die res van ons manne. Lang ure, ge-isoleerd en in die reën, en wind het Pieter maar ALTYD geglimlag. ‘n Inspirasie vir ons almal. Vrede gevind in ‘n pragtige Hemel, omring deur engele. RIP

Mark van Rensburg
2011-06-11 10:58:01


U19 registered members remarks about - Sergeant Pieter Henning - RIP 1993-06-15:
w Dit voel soos gister. Hoe kan ons jou vergeet. Altyd sal jy in ons gedagtes en harte as Diener van mense beskou word. Rus in Vrede Eenheid 19 Kameraad!

Brent Gerber
2011-06-11 10:17:35


U19 registered members remarks about - Sergeant Pieter Henning - RIP 1993-06-15:
w RIP Pieter. Ek sal jou altyd onthou as n baie goeie vriend.

Danie van Heusden
2011-12-31 12:54:53






 

 

 

Copyright Unit19 - 2013
www.thegraphicartist.co.za